Die atletiekseisoen vir Drostdy begin jaarliks met die graad 8’s se atletiekbyeenkoms aan die einde van hul oriënteringsweek. Die week daarna word dit opgevolg met die skool se Interkoshuis-atletiekbyeenkoms met die fokus op massadeelname.
Deur die seisoen word aan verskeie interskole atletiekbyeenkomste deelgeneem ter voorbereiding vir die Worcester -, Noord-Boland -, Boland -, Wes-Kaap – en Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe.
Drostdy se atletiek is sterk en gesond en talle prestasies, tot op nasionale vlak, word jaarliks behaal.