Drostdy speel elke jaar teen die toptien-rugbyskole soos Paul Roos, Paarl Boys High, Paarl Gimnasium, Bishops, Stellenberg, Outeniqua en Oakdale. Deelname is prioriteit. Rugbyklinieke en –toernooie word gereeld bygewoon en as gevolg van strawwe kompetisie, vorm die Drostdyers gereeld die ruggraat van die Boland-skolespanne.
Die eerste rugbyspan van Drostdy neem ook deel aan die Wildeklawer-rugbytoernooi wat in Kimberley plaasvind en die Noord-Suid toenooi wat jaarliks aangebied word.
Sewesrugby is ‘n opwindende spel met ‘n vinnige verloop wat baie opwindend is en talle Drostdyers neem daaraan deel. Gereelde toernooie word bygewoon en Drostdy het reeds ‘n onder agtien speler vir die Suid-Afrikaanse span opgelewer.