HTS Drostdy Donkie Republiek is op AlumNet:
Ons is opgewonde om HTS Drostdy se AlumNet aanlynportaal aan u bekend te stel. As oudskolier, ondersteuner of ouer, nooi ons u graag uit om te registreer en so deel te word van die Donkie Republiek.
Op die portaal gaan u ou vriende vind asook nuwes maak,met ander netwerk, op datum bly met reünies en HTS Drostdy se nuutste nuus kan lees. U kan ook die aanlynwinkel besoek en die eerste wees om kaartjies vir funksies en ander gebeure te koop. Daar is selfs bemarkingsgeleenthede vir u besigheid.
Lede kan uitsien na van die volgende voordele (om net ‘n paar te noem): gratis parkering, verversings, toegang tot die klubhuis en VIP-areas en afslag by die aanlynwinkel. Elke nuwe lid ontvang ook ‘n lidmaatskapkaart wat toegang bied tot sekere voordele by skoolgeleenthede.
Lidmaatskap vir die portaal vereis net ‘n maandelikse/jaarlikse fooi van R70 per maand of R600 per jaar. In 2020 sal die jaarlikse fooi slegs R350 wees. ‘n Debietordervorm sal aan u gestuur word vir voltooiing. Sodra jaarlikse fooie betaal is, ontvang elke lid ook ‘n Donkie Republiek keps.
Volg asseblief hierdie skakel na ons tuisblad: htsdrostdy.alumnet.co.za
Ons sien uit om u deel van die HTS Drostdy Donkie Republiek-familie te hê.