Die Beheerliggaam van HTS Drostdy is konstant besig met projekte ter verbetering van die geriewe van die skool en wat die vooruitgang van die skool verseker. Die Donkie Republiek ondersteun hierdie projekte deur middel van fondsinsamelingsfunksies en ook deur middel van lede wat maandelikse of eenmalige bydraes maak. Die huidige projekte sluit onder andere in die aanbou van nuwe netbalbane en opgradering van die bestaande biblioteek na 'n volwaardige leerdersentrum met toegang tot die nuutste tegnologie.
U kan u bydrae hier maak tot die Donkies Ontwikkelingsfonds.