Gholf word hoofsaaklik in die eerste kwartaal aangebied. Gedurende die kwartaal vind daar verskeie kompetisies in die Noord-Bolandliga plaas. Elke kompetisie word op ‘n ander baan in die Wynlanddistrik beslis. Drostdy skryf elke jaar twee spanne in. Leerders wat deelneem moet hul eie gholfstelle hê. Hulle moet ook as juniorlede by hul onderskeie klubs geregistreer wees. Indien nie, kan hulle by Worcester Gholfklub aansluit.
Na afloop van die seisoen word die top 20-spelers in die liga genooi om aan die Boland Junior Kampioenskappe deel te neem. ‘n Driving range naby die skool word ook gebruik om die spelers se tegniek te verfyn.