HTS Drostdy ding op alle gebiede met van die grootste en bekendste skole in ons land mee. Dit plaas egter geweldige druk ten opsigte van reis- en verblyfkoste op die skool en sodoende dan ook op die ouers met betrekking tot toergelde. Om hierdie rede het die Donkie Republiek dit goedgedink om die Adjuvo Fondse te stig. Die woord Adjuvo is van Latynse oorsprong en beteken om by te staan, te help, aan te moedig en te ondersteun.
Hierdie Adjuvo (ondersteuningsfondse) is vir elke sport- of kultuuraktiwiteit geskep. Indien u ’n bydrae wil lewer kan u gerus op die sport of kultuur soort van u keuse kliek vir verdere inligting.